OOS-KAAP. – Kungawo Nyhweba (19) se liggaam is op Alice gevind nadat sy Vrydag van haar huis vermis geraak het.
Lt.kol. Siphokazi Mawisa sê die polisie het inligting ontvang van Nyhweba se kêrel wat haar na bewering ontvoer het. Die voorlopige ondersoek het Woensdag tot die opsporing van Nyhweba se liggaam in ‘n oop gebied in die Ebakhwetheni-area in die Joza-woonbuurt in Makhanda gelei.
Mawisa sê volgens inligting het vier verdagtes Nyhweba ontvoer en vermoor. Twee van die verdagtes is Woensdagaand omstreeks 19:00 by hulle huise by ‘n gholfbaan op Alice in hegtenis geneem.
“Die polisie is steeds besig om leidrade op te volg om die gewese kêrel en sy vriend, wat steeds op vrye voet is, in hegtenis te neem.”
Enigiemand met inligting word gevra om speur.AO Khuselwa Matshaya by 082 388 9014 of 040 653 1252 te bel.





