LIMPOPO. – Reuben Marsberg (22) word steeds gesoek, alhoewel sy Toyota Cruiser verlate buite Polokwane aangetref is. Virginia Marsberg, Reuben se ma, sê in ‘n sosialemediaplasing die voorval word nou as ‘n ontvoering beskou en doen ‘n beroep dat Reuben na sy geliefdes teruggestuur word.
Reuben het sedert verlede Woensdag spoorloos verdwyn. Die Levubu-polisie het ‘n soektog na hom van stapel gestuur. Enigiemand met inligting oor Marsberg se moontlike ligging word gevra om speur.sers. Manari Mashudu by 082 319 9622 te bel.






