Vermiste man – DNS-resultate afgewag vir identifikasie – verdagte aangekeer

Lees ook :

Foto: Virginia Marsberg

LIMPOPO. – ‘n Verdagte man (24) is Saterdag deur die provinsiale opsporingseenheid in Makhado aangekeer, in verband met die verdwyning en vermeende moord op ’n 22-jarige man wat in November as vermis aangemeld is. Terwyl die familie van Reuben Marsberg (22) op DNS-resultate van ‘n gevonde liggaam wag, het die polisie ‘n verklaring uitgereik wat as ‘n deurbraak in die saak bestempel word.

Luidens die verklaring van kol. Malesela Ledwaba is daar ‘n sterk vermoede dat die oorledene Reuben Marsberg blyk te wees, wat op ’n plaas in die Levubu-polisiëringsgebied vermis geraak het. Waardevolle besittings, insluitend Marsberg se bakkie en ‘n boot met ‘n sleepwa, is gesteel. Intensiewe ondersoeke het gelei tot die opsporing van die verlate voertuig by die Polokwane Internasionale Lughawe. Verdere ondersoeke het die polisie na die Makhado-omgewing geneem, waar ’n liggaam in bosse naby ’n korrektiewe fasiliteit aangetref is, toegewikkel in ’n kombers en in ’n gevorderde stadium van ontbinding.

Die verdagte is by sy woonplek in Makhado aangekeer en word aangehou. ‘n Sleepwa, boot en bosbreker (bull bar) wat aan Marsberg behoort het, is by die verdagte se woonplek gevind. ’n Saak van moord en huisroof is geregistreer. Die verdagte sal binnekort in ’n plaaslike landdroshof verskyn.

Kolonel Malesela Ledwaba sê verdere ondersoeke duur voort, insluitend DNS-ontleding om die identiteit van die oorledene te bevestig.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief