Vermiste seuns in kattebak gevind, peuter oorlede

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – ‘n Peuter (3) en kleuter (4) van Jan Kempdorp is in ‘n kattebak van ‘n voertuig aangetref nadat hulle Saterdag omstreeks 14:30 deur hulle ouers as vermis aangemeld is. Die peuter is oorlede.

Kol. Cherelle Ehlers sê ‘n soektog na die twee jong seuns is dadelik geloods. Hulle is Maandag omstreeks 15:00 in die kattebak van ‘n motor in die erf van ‘n motorwerktuigkundige gevind.

Die peuter het gesterf, maar die kleuter is dadelik na ‘n hospitaal geneem en is sedertdien ontslaan.

Ehlers sê Jan Kempdorp-polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geregistreer wat ondersoek word.

Die omstandighede en die oorsaak van die peuter se dood sal vasgestel word. Die polisie vra enigiemand met inligting van die insident om lt.kol. Elia Khonkhobe by 082 495 4686 te bel. Inligting sal vertroulik hanteer word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief