MPUMALANGA. – ‘n Bestuurder het gesterf toe twee vragmotors vanoggend omstreeks 05:00 op die R40 naby Casteel trompop met mekaar gebots het.
Moeti Mmusi van die departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, sê die pad is tydelik gesluit. Motoriste wat tussen Bosbokrand en Acornhoek reis, moet liefs die pad vermy en eerder die D3932 tussen Dwarsloop en Thulamahashe gebruik, van waar hulle op die D4394 na Acornhoek kan ry.
Mmusi bevestig nooddienste is steeds op die ongelukstoneel, waarna opruimingswerk onderneem sal word en tyd sal verloop voordat die pad weer vir motoriste se gebruik heropen sal word. Motoriste word aangeraai om geduld te gebruik en versigtig te bestuur.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





