Brekende Nuus
Afrikaans

Vermy R101 in Limpopo na veeltallige voertuigbotsing

Vertragings kan op die pad verwag word.

Vermy R101 Limpopo oor veeltallige voertuigbotsing
Foto's: Limpopo Traffic Updates

Daar word gevra dat motoriste van alternatiewe roetes gebruik moet maak na ‘n motorbotsing op die R101 in Limpopo waarin twee vragmotors en twee motorvoertuig betrokke was.

Limpopo Traffic Updates sê die ongeluk het tussen Mookgophong en Mokopane plaasgevind.

Beskikbare inligting dui aan dat twee persone op die toneel gesterf het, een persoon ernstige beserings opgedoen het en nog vyf persone gering beseer is.

Vertragings kan op die pad verwag word. Die roete moet liefs vermy en van alternatiewe roetes gebruik gemaak word.