Verskeie kritiek na beweerde hoëspoed-ongeluk

Lees ook :

Talle kritiek na beweerde hoë-spoed-ongeluk. Foto's Midlands EMS

BOSTON, KZN. – Verskeie persone het omstreeks 09:30 vanoggend kritieke beserings opgedoen in ’n ongeluk op die R617 net buite Boston.

Volgens Midlands EMS het die ongeluk na bewering teen ‘n hoë snelheid plaasgevind. Met hulle aankoms op die toneel het hulle verskeie vasgekeerde passasiers in ’n motorwrak aangetref.

Die motor het glo die pad verlaat en ’n paar keer gerol.

Reddingswerkers moes die beseerdes uit die wrak sny voordat hulle gevorderde lewensreddingsondersteuning kon ontvang. Alle beseerdes is na hospitale vir verdere mediese behandeling geneem.

Bronne: Midlands EMS, Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief