Video’s: Vermoorde boer van Roedtan – beskuldigdes kom voor – boere en instansies ruk op

Lees ook :

Fotokrediet AfriForum

Nicky Janse van Rensburg (35), vermoorde boer van Roedtan, se vermeende aanvallers en moordenaar se hofsaak het vandag in die Roedtan-landdroshof begin.

In ‘n vroeëre video wat deur FiND-iT Nuus gedeel is, kan die optog deur boere, gemeenskapslede, Bittereinders en AfriForum-afvaardigings gesien word.

Willem Petzer, openbare figuur, wat vandag se hofverrigtinge bygewoon het, sê die saak is na Woensdag uitgestel.

“Dit blyk asof skuldiges nie gaan borgtog kry nie.”

Petzer sê die beskuldigde wat glo die doodskoot toegedien het, het vorige skuldigbevindings in die laaste 10 jaar gehad, onder meer vir verkragting, diefstal, aanranding met die doel om ernstig te beseer, diefstal, en seksuele aanranding.

“Hoekom is hy nou vry en hoeveel tyd het hy vir hierdie misdade in die tronk spandeer? Waarom loop hy vry? Hierdie argument is ook deur die staat aangevoer,” sê Petzer.

“Polisie het borg in die hof teengestaan, omdat hulle bang is dat “AfriForum” se mense hier buite die beskuldigdes gaan doodmaak.”

Wat Petzer die meeste gepla het, is die beskuldigdes se gelag en gekyk na mense en polisielede.

“Hulle kyk mense in die oë en lag. Dit is sleg om te sien.”

Daar is bekendgemaak dat die oorledene glo ‘n suster van een van die beskuldigdes, “soos ‘n hond” van sy plaas sou wegjaag. Herman Meyer, Nico se oudste en beste vriend, sê beslis: “Hy sou niemand wegjaag nie.”

“Hy was glad nie so ‘n tipe persoon nie.”

“Hy was ‘n rustige persoon wat gehelp het waar hy kon. Hy het Wouter wat saam in die plaasaanval was probeer help, hy het vir hom gewerk.”

Herman het die hofverrigtinge as uiters swak beskryf.

“Dit gaan emosioneel nie baie goed met Nicky se familie nie, dit gaan glad nie goed met hulle nie,” het hy afgesluit.

Francois van der Merwe van die Bittereinders was ook op Roedtan teenwoordig en het die volgende video gedeel, waarin hy sê:

“Die vierde verdagte se naam is bekend en die polisie is op sy spoor.”

Hy het almal wat aan die optog, wat twee kilometer lank was, bedank vir hul ondersteuning.

AfriForum het ‘n verklaring uitgereik waarin hulle sê:

“Boere is keelvol vir die aanslag op hulle en ruk in groot getalle op na Roedtan.”

“Honderde boere en ondersteuners teen plaasmoorde en-aanvalle het vandag met plaasbakkies, trekkers, stropers en ander plaasimplemente aan ‘n massa-optog in Roedtan deelgeneem om hul misnoeë en ontevredentheid met geweld teen boere te kenne te gee.”

AfriForum sê dat verteenwoordigers voel die regering moet wakker skrik en moet besef wat die gevolge kan wees met die aanvalle op boere. Dat boere wat die kos op die tafel sit as gevolg van wat aangaan in gevalle ophou boer en ook die land verlaat.

“Die land stuur op ‘n ramp af.”

Lees die volledige verklaring hier: AfriForum veroordeel plaasmoorde deur aan Roedtan-optog deel te neem

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief