Vier in aanhouding vir polisie-Nyala wat brand

Lees ook :

Foto: WAAR Brandit INNIE KAAP

WES-KAAP. – Vier verdagtes is op aanklagte van poging tot moord, openbare geweld en kwaadwillige saakbeskadiging in hegtenis geneem in verband met ‘n voorval Woensdagaand in Baden Powell by die Empolweni- informele nedersetting toe ‘n polisie-Nyala uitgebrand het.

Kapt. Frederick van Wyk sê die verdagtes is in aanhouding en sal vandag (Vrydag) in die Khayelitsha-landdroshof verskyn. Die saakdossier vir verdere ondersoek is aan provinsiale speurders oorgedra.

Lees meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief