Vier mense dood in Russiese lugaanval op Oekraïne

Lees ook :

Vier mense dood in Russiese lugaanval op Oekraïne fotokrediet: X

OEKRAÏNE. – Vier mense is dood, 20 is gewond en ’n regeringsgebou in Kijif is getref ná ’n Russiese hommeltuigaanval.

Lees ook: Oekraïne en Rusland begin weer môre met skietstilstandsamesprekings – Zelenski

Rusland het ’n aanval met 810 hommeltuie op Oekraïne geloods, waarna Oekraïne se lugmag beweer het dit het 747 hommeltuie en vier vuurpyle afgeskiet.

Twee van die oorledenes was ’n ma en haar drie maande oue baba, wat in ‘n woonstelblok gewoon het wat heeltemal vernietig is.

Die Oekraïense eerste minister, Yulia Svyrydenko, het bevestig die Russiese aanval het die kabinetsgebou in Kijif getref en beskadig. Sy het gesê: “Dit lyk of Rusland nie vrede wil hê nie en nie gereed is vir onderhandelings nie. Ons vra ons vennote om te help om ons lug toe te maak. Kom ons stel sterker sanksies teen Rusland in. Kom ons skepveiligheidstelsels wat sal help om die vyand te stop”.

Bronne: The Independent, Irish Independent, BBC

Lees ook: Oekraïne en Rusland begin weer môre met skietstilstandsamesprekings – Zelenski

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief