Vier se oorskot gevind, een nog soek na vragmotor brand

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Die polisie het Maandagoggend op ‘n gebrande vragmotor met vier liggame in op ‘n grondpad tussen Mabate en Tshiame B-Khalanyoni afgekom.

AO Mmako Mophiring sê die liggame is onherkenbaar verbrand. Harrismith-polisie het ‘n geregtelfike doodsondersoek geopen.

Mophiring sê die polisie is omstreeks 10:00 deur ‘n verbyganger ontbied wat die brandende vragmotor opgemerk het. Die verbyganger het die brand onsuksesvol probleer blus.

Met voorlopige ondersoek is bevind die vragmotor behoort aan ‘n man (35) van die Makwane-woonbuurt in Qwaqwa. Sy identiteit is aan die polisie bekend. Hy het na bewering van Makwane na Tshiame B gery om sy vrou (32) en kinders – ‘n seun (10), ‘n dogter (8) en kleuterseun (1) – ‘n geleentheid van ‘n skoonsuster se huis af te gee. Hulle het egter nie weer by hulle huis aangekom nie.

“Op die misdaadtoneel, in die vragmotor, is slegs vier liggame aangetref. Terwyl die polisie steeds na die vyfde persoon soek, is ’n geregtelike doodsondersoekdossier vir verdere ondersoek geopen.”

Enigiemand wat die polisie inligting van die vyfde persoon kan gee, word versoek om die Harrismith-speurtak by 082 854 7542 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief