LIMPOPO. – Vier insittendes van ‘n Audi het Maandag gesterf en insittendes van ‘n bus is beseer in ‘n botsing op die N1 tussen die Sasol-vulstasie en die Baobab-tolplaza naby Musina.
Volgens die departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid het die botsing omstreeks 17:00 plaasgevind en paaie moes tydelik vir die toegang van nooddienste en ander motoriste gesluit word. Die pad is net na 19:40 weer vir verkeer heropen.
Die bestuurder en drie insittendes van die Audi het gesterf terwyl sommige buspassasiers geringe beserings opgedoen het.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.





