Vissermanne sterf toe boot naby Shelley Point omslaan

Lees ook :

Foto's: Westcoast Medical Rescue

WES-KAAP. – Drie vissermanne het Vrydag gesterf nadat ’n plaaslike vissersboot naby Shelley Point, St. Helenabaai, aan die Weskus omgeslaan het.

Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, sê in ‘n verklaring Cedric Brown, Mykonos-diensbevelvoerder, sê Mykonos en St. Helenabaai se diensspanne is omstreeks 16:00 ontbied ná berigte van ten minste een man wat aan ’n omgeslaande boot vasgeklou het. Daar was ‘n vermoede dat meer mense in die water was.

Alle rolspelers is ontplooi. Met aankoms op die toneel is die liggaam van ’n man op die strand aangetref. Hy is in die sorg van die polisie en paramedici oorgegee, maar is dood verklaar. Nog ‘n liggaam is kort daarna in vlak branders naby die strand gevind en deur NSRI-reddingswemmers saam met die polisie aan land gebring. Dié man is ook dood verklaar.

Daar is vasgestel dat drie plaaslike mans, almal vermoedelik volwassenes, op die vissersboot was toe dit omgeslaan het. ’n Lid van die publiek, geklee in ’n duikpak, en ‘n NSRI-reddingswemmer het intussen in die water en tussen rotse na die derde visserman gesoek. Sy liggaam is in die branders gevind en deur ‘n reddingsboot aan land geneem. Hy is ook op die toneel dood verklaar.

Die liggame van die drie oorledenes is aan die polisie en die regering se patologiese dienste oorhandig. Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen en ondersoek die omstandighede van die insident.

Brown het die ooggetuie wat hulp ontbied het, sowel as al die nood- en polisiedienste en die lid van die publiek wat gehelp het, vir hulle ondersteuning geprys.

Westcoast Medical Rescue het medelye met die oorledenes se familie uitgespreek. Dié diens het hulle saam met rolspelers na die ongeluk gehaas.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief