Brekende Nuus
Afrikaans

Voelgoedstorie: Man by Lanseria-lughawe geprys

Foto: Healing Grace Head Office
Foto: Healing Grace Head Office

GAUTENG. – ‘n Man genaamd Gerry word in ‘n sosialemediaplasing van Healing Grace Head Office se Facebook-blad geprys nadat hy ‘n handsak op Lanseria-lughawe veilig gehou het.

Volgens die skrywer het Chrystal (van onbekend) van Turkye teruggekeer en ook ‘n draai in die Kaap gemaak. Met die blydskap om haar mense weer te sien, het sy haar handsak in ‘n trollie vergeet. Sy het dit eers agtergekom nadat sy in Krugersdorp aangekom het.

Chrystal het nie net haar handsak met alles in teruggekry nie, maar volgens die skrywer het Gerry ‘n spesiale blessing ontvang.

Het so ‘n insident jou al oorgekom en het jou besitting in die hande van ‘n eerlike persoon beland?

Lees die volledige plasing hier onder:

As jy hierdie man by Lanseria -ughawe raakloop, skud sy hand asb.
Gerry het vir my dogter baie trane en kopsere gespaar met sy beautiful, opregte hart.
Chrystal het by Lanseria geland na sy vinnig in die Kaap gaan draai het na haar aankoms in SA van Turkye af.
Met al die opgewondenheid by ons almal en grappies tussen die sussies het sy haar handsak in die trollie vergeet.
Haar paspoort en baie euro’s was daarin en ons het dit eers besef toe ons terug is in Krugersdorp.
Dankie liefste Gerry dat jy die antwoord op ons gebede was en dit gaan inhandig het. Mag jy en jou geliefdes abundantly gebless word.
Ek het skaars gebel toe bel hulle terug met die goeie nuus. Toe my man daar aankom, het hulle dit reeds gehad.
Dankie Chrystal dat jy vir hom vandag so groot blessing gaan gee het vir sy getrouheid.
All the glory to God!
Hierdie is net ‘n wonderwerk 🙏🏻
Dankie Abba 

— at Lanseria International Airport.