KWAZULU-NATAL. – ’n Voertuig het Woensdag in Old Main Road in Ottawa uitgebrand nadat dit glo weens ‘n meganiese fout aan die brand geslaan het.
Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) het die diens se operasionele sentrum ‘n oproep van die publiek ontvang oor die voertuig wat brand. Reaksiebeamptes het met aankoms op die toneel ’n rooi Renault Triber in vlamme angetref. Die bestuurder het aan die beamptes gesê hy was op pad na ’n werktuigkundige toe die voertuig aan die brand geslaan het. Hy kon veilig stilhou en hulp by verbygaande motoriste soek. Hy vermoed ‘n elektriese fout het die brand veroorsaak.
Metropolisie het die toneel afgesper om openbare veiligheid te verseker, waarna die brandweer opgedaag en die brand geblus het. Geen beserings is aangemeld nie.





