KWAZULU-NATAL. – ‘n Bestuurder met sy voertuig het Saterdag op die N2 naby Queen Nandi-rylaan van ‘n brug na die rivier aan die onderkant, getuimel.
KZN VIP Paramedics is vir hulp na die enkelvoertuigongeluk ontbied. Met aankoms op die toneel is vasgestel die voertuig het deur die reling gebars en in die rivier beland. ‘n Verbyganger het die ongeluk gehoor gebeur en is saam met vriende teen die wal af om hulp aan te bied. In samewerking met die brandweer en metropolisie is die kritiek beseerde bestuurder na ‘n ambulans wat ontbied is, geneem.
Die beseerde is vir verdere mediese hulp na ‘n mediese sentrum vervoer. Alle nooddienste was op die toneel teenwoordig.







