Vonnisoplegging van kindermoordenaar vind April plaas

Lees ook :

Foto's: Women For Change

WES-KAAP. – Timothy Michael Ova (54), wat aan moord skuldig bevind is, se vonnisverrigtinge vir die moord op Sharon Arries en Jacorene Vaaltyn, beide 9 jaar oud, asook vir die onwettige besit van ammunisie, regsverydeling en onsedelike aanranding, sal op 10 April voortgesit word. Die liggaam van die een meisie was onder sy bed begrawe en die ander was in sy badkamer in ‘n wit laken in ‘n blou houer gevind.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG, sê die hooggeregshof van die Wes-Kaap wat in George sit, het Ova Woensdag skuldig bevind. Die vonnisoplegging sou reeds op 29 Februarie begin het, maar is vir die verdediging uitgestel om verslae van ‘n proefbeampte en korrektiewe dienste te bekom.

Die twee meisies het by Jan Fiskaalstr. 16, in Theronsville op Albertinia gespeel. Hulle liggame is ‘n dag later gevind.

Altesaam 18 getuies is aangehoor, onder andere die dokter wat die nadoodse ondersoek uitgevoer het, persone wat die twee kinders sien speel het, asook die polisiebeampte wat Ova in hegtenis geneem het. ‘n Getuie het gesê die meisies het vir oom Timmy (Ova se ander naam) gewag omdat hy vir hulle geld en lekkers belowe het. Die meisies het nie later na hulle huise teruggekeer nie, alhoewel Ova tydens die soektog ontken het die meisies was saam met hom huis toe. Hy het vir die meisies se ma en pleegma in sy huis gesê hy hoop die meisies word gevind, maar hy het nie help soek nie.

Hulle liggame is gevind toe Brendon September, Arries se pa, en sy vriende Ova se huisdeur gebreek en op hom met ‘n byl in sy hand in ‘n gat in sy huis afgekom het. Hy het gevlug en die twee meisies se liggame is gevind.

Dr. Christa Hattingh het getuig beide die meisies was nog lewendig in die sand omdat daar sand in hulle monde en neusgate gevind was. Hulle het van die sand versmoor.

Ova het by Isa Olkers uit vrees vir aanranding geslaap het. Haar dogter het haar die volgende oggend ingelig die polisie is op soek na hom omdat die meisies dood in sy huis aangetref is. Ova het egter haar huis verlaat. Tydens ‘n soektog is hy op 23 September, onderweg na George, in hegtenis geneem. Hy was aggressief en het die arrestasie probeer weerstaan.

Die landdros het Ova as ongeloofwaardig bevind. Die hof het nie van sy houding of manier hoe hy vrae beantwoord het, gehou nie. Hy was die laaste persoon om die meisies lewendig te sien.

Ova het ook ‘n familielid (14 gedurende die insident), in 1999 in Lansdowne onsedelik aangeraak. Die hof het hom aan onsedelike aanranding skuldig bevind.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief