BRAZIL. – Karen Silva, ’n voormalige sanger op die program The Voice Kids is gisteroggend (Donderdag) aan ’n beroerte oorlede.
Lees ook: Oekraïne hoop SA sal help om ‘ontvoerde’ kinders terug te kry
Silva, wat op 12 jaar in die semi-finaal van The Voice Kids in Brasilië was, is oorlede na ’n beroerte bloeding op haar brein veroorsaak het.
Sy was na die beroerte vir ’n paar dae in die João Batista-hospitaal.
Haar dood is in ’n plasing op Instagram aangekondig en medelye is teenoor haar familie uitgespreek.
Bronne: Metro, Daily Mail, The Mirror
Lees ook: Oekraïne hoop SA sal help om ‘ontvoerde’ kinders terug te kry





