Vragskip se kaptein in hegtenis geneem na botsing met olietenkskip

Lees ook :

Vragskip se kaptein in hegtenis geneem na botsing met olietenkskip fotokrediet: X

INTERNASIONAAL. – Die kaptein van die vragskip wat Maandag met ‘n olietenkskip gebots het, is vir nalatigheid en manslag in hegtenis geneem.

Lees ook: Olietenkskip bots met vragskip wat natriumsianied vervoer

‘n Bemanningslid van die vragskip wat steeds na die botsing vermis was, is dood verklaar na ‘n soektog na hom Maandag opgeskort is.

‘n Kriminele ondersoek is begin om uit te vind wat die botsing veroorsaak het.

Daar is kommer oor die seediere wat benadeel kan word deur die brandstof wat as gevolg van die botsing in die see lek. Die vragskip het natriumsianied vervoer, maar tot dusver lyk dit nie of daarvan ook in die see beland het nie.

Bronne: BBC, Sky News, The Independent

Lees ook: Olietenkskip bots met vragskip wat natriumsianied vervoer

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief