INTERNASIONAAL – Die Pakistanse eerste minister, Shehbaz Sharif, wat as bemiddelaar optree tussen die VSA en Iran, het volgens berigte ’n moontlike vredesooreenkoms aangekondig.
Lees ook: Iranse president stel voorwaardes vir einde van oorlog met VSA en Israel
https://nuusflits.com/iranse-president-stel-voorwaardes-vir-einde-van-oorlog-met-vsa-en-israel/
Luidens die berigte kan ‘n ooreenkoms om die oorlog in die Midde-Ooste te beëindig moontlik binne die volgende 24 uur gefinaliseer word. ‘n Raamwerk vir ‘n vredesooreenkoms (die sogenaamde “Islamabad Memorandum”) is volgens die Pakistanse eerste minister, bereik.
Dié ooreenkoms beoog om die maande-lange oorlog tussen die VSA en Iran te beëindig.
Hierdie historiese deurbraak tussen die VSA en Iran kan ‘n beduidende impak op wêreldwye stabiliteit hê. Die Amerikaanse president Donald Trump, het op Truth Social aangedui dat die strategiese Straat van Hormoes onmiddellik weer vir alle skeepvaart oopgestel sal word sodra die ooreenkoms onderteken is.
Beide Pakistan en Trump mik vir ‘n ondertekening binne 24 uur. Berigte dui ook verder aan dat dit moontlik vandag, op Trump se 80ste verjaarsdag kan plaasvind. Die Iranse buitelandse ministerie is egter versigtiger en sê dit sal waarskynlik nie vandag gebeur nie, maar wel in die komende dae.
Vir die res van die wêreld se ekonomie sal ‘n vredesooreenkoms ’n enorme verskil maak aan veral brandstofpryse.
Bron: The Guardian | CBS News





