MANCHESTER, ENGELAND. – ’n Vrou is Saterdag oorlede nadat ’n “massiewe” tak tydens winderige weer op haar geval het.
Lees ook: Vrou, dood ná tak op haar val, kon dogter (5) red
Die Greater Manchester-polisie in Didsbury het bevestig die vrou is oorlede nadat sy onder ‘n boom deur geloop het en ’n “massiewe” tak op haar geval het. ’n Polisielid op patrollie in die gebied het gesê dit was so ’n groot tak, wat die hele pad onbegaanbaar gemaak het.
’n Paar plaaslike dokters het haar probeer help en ’n ambulans is gebel, maar sy is op die toneel dood verklaar.
Bronne: Daily Mail, The Sun, Evening Standard





