Vrou doodgeskiet en vyf leerlinge ‘verkrag en beroof’ – polisie in rep en roer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Die polisie het maksimum hulpmiddele gemobiliseer om verdagtes aan te keer wat in die laaste 24 uur ‘n tradisionele leier se skoonma doodgeskiet het. Verdagtes wat in ‘n afsonderlike voorval vyf leerlinge beroof en verkrag het, word ook gesoek.

Lt.kol. Siphokazi Mawisa sê Nogcinile Mtirara, skoonma van Chief Jongintaba Mtirara, tradisionele leier van die AbaThembu-koningshuis, is na bewering deur twee vermomde verdagtes in Mqhekezwein buite Mthatha doodgeskiet.

“‘n Saak van moord is geregistreer en die ondersoekspan is reeds saam met SAPD se forensiese deskundiges op die grond. Die provinsiale speurders vir die eenheid vir ernstige en geweldsmisdade lei die span om te verseker dat oortreders gearresteer word.”

In nog ‘n insident is vyf leerlinge van ‘n plaaslike skool, tussen 20 en 25 jaar, glo in dieselfde area met vuurwapens gedreig, verkrag en beroof.

“Die provinsiale hoof van die ondersoekeenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) het ‘n span saamgestel om hierdie oortreders te soek en vas te trek.”

Lt.genl. Nomthetheleli Mene, die provinsiale kommissris, sê die polisie werk onverspoosd om die skuldiges wat vir die twee misdade in Bityi verantwoordelik is, op te spoor.

Enigiemand met relevante inligting word gevra om na vore te kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief