VRYSTAAT. – ‘n Vrou (59) is glo gisteroggend omstreeks 01:30 deur vier onbekende verdagtes in haar huis in Thabong beroof.
Volgens sers. Sinah Mpakane het die vrou en haar familie in aparte kamers geslaap. Sy is wakker gemaak deur vier verdagtes, vermom met balaklawas en gewapen met vuurwapens. Die slagoffer het later opgemerk die voordeur van die huis is oopforseer.
Die verdagtes het kontant van die slagoffer geëis omdat haar seun glo by ‘n nuwe aanleg in die mynbedryf begin werk het. Die slagoffer is van haar selfoon en kontant beroof voordat die verdagtes in twee VW-voertuie van die toneel gevlug et.
Tydens die voorval het sy ‘n besering aan haar enkel opgedoen.
Enigiemand met inligting word versoek om AO Bertus Olivier by 082 885 5271 te bel.
Volg Nuusflits se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.





