Vrou in skietvoorval gewond – veiligheidswag in hegtenis

Lees ook :

Foto: My City

LIMPOPO. – James Hendrie Venter (42), ‘n veiligheidswag van ‘n plaaslike veiligheidsmaatskappy, is Vrydagaand omstreeks 23:00 in hegtenis geneem in verband met ’n skietvoorval naby die Drie Myl-sirkel in Makhado, waarin ’n 28-jarige vrou gewond is. Venter het Maandag vlugtig in die Makhado-landdroshof voorgekom.

Kol. Malesela Ledwaba, provinsiale polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits die slagoffer en haar gesin was in ’n silwer Toyota C-HR van Gauteng af op pad. Op die N1, naby die Drie Myl-sirkel, is probeer om die motor deur ‘n onbekende voertuig te laat stop. Weens die vermoede van ‘n moontlike kriminele voorval het die bestuurder geweier om te stop en ’n U-draai gemaak. Die voertuig het later weer omgedraai en in die rigting van Makhado teruggery toe skote by die Drie-Myl-sirkel op die voertuig gevuur is. ‘n Vroulike passasier is in die voorval gewond.

Die 42-jarige veiligheidswag is op die toneel in hegtenis geneem. ’n Siga 7.62-geweer, wat vermoedelik in die voorval gebruik is, is tydens die inhegtenisneming in beslag geneem.

Lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale polisiekommissaris, het die voorval sterk veroordeel.

Die verdagte het Maandag in die Makhado-landdroshof verskyn, waarna die saak tot 27 Junie uitgestel is. Die polisie-ondersoek gaan voort.

Volgens My City is die vrou in die rug getref.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief