Vrou klou meer as 12 uur aan boom nadat sy rivier ingestamp is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

VRYSTAAT. – ‘n Vrou (46) van Phuthaditjhaba is glo omstreeks 20:00 Sondagaand ná ‘n mislukte poging tot verkragting deur ‘n taxibestuurder in ‘n vol rivier gestamp. Sy het aan ‘n boomstomp vasgeklou en is Maandagoggend gered, nadat sy deur ‘n verbyganger gehoor is.

Luidens ‘n verklaring van AO Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, het die vrou in ‘n taxi geklim. In plaas daarvan om na die bestemming te ry, het die bestuurder glo afgedwaal en later op ’n brug stilgehou. Daar het hy volgens die polisie seks van haar geëis, wat sy geweier het. Hy het na die passasierskant beweeg en haar beveel om uit te trek. Toe sy weer weier, het hy probeer om homself op haar af te dwing. Die slagoffer het vir hom die geld aangebied wat sy by haar gehad het. Hy het dit geneem en haar daarna glo in die vol rivier ingestamp.

Die vrou het daarin geslaag om aan ’n boom vas te klou en het die hele nag so deurgebring totdat ’n verbyganger Maandagoggend haar hulpkrete gehoor het. Phuthaditjhaba-polisiebeamptes en Maluti-a-Phofung se brand-en-reddingseenhede het haar veilig uit die water gehaal, waarna sy na ’n plaaslike hospitaal geneem is vir behandeling.

‘n Saak van poging tot verkragting, poging tot moord en roof word ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief