Vrou met hamer oor kop geslaan en verkrag – verdagte in hegtenis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Verdagte man (34) is Woensdag deur die Welkom-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) ná ‘n hameraanval en verkragting van ‘n vrou (60) in Bothaville in hegtenis geneem.

Sers. Palesa Thabana, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die slagoffer het ernstige kopbeserings opgedoen. Deur ondersoekwerk en met hulp van die buurtwag en gemeenskap is die verdagte geïdentifiseer en vasgetrek.

Die verdagte sal vandag op aanklagte van poging tot moord en verkragting in die Bothaville-landdroshof voorkom.

Lees meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief