GAUTENG. – ‘n Vroulike bestuurder het vanoggend om 01:00 op die N1, rigting noord, net voor die Stormvoël-afrit met haar motor deur skerpgemaakte ysterpenne gery.
Volgens LifeTraffic is die vrou ongedeerd, maar die bande en onderstel van haar motor het skade opgedoen.
Bestuurders word gevra om van sulke gevare bewus te wees en te onthou om nie tydens ‘n insident stil te hou nie. Verminder spoed, maar hou aan ry totdat ‘n veilige plek bereik is. Wanneer jy veilig is kan hulp ontbied word. ‘n Paniektoep of die hulp van LifeTraffic, wat gratis is, kan geaktiveer word. Die gratis diens word met koppies koffie aan hulle vrywilligers beloon.
LifeTraffic sê bestuurders moet onthou jou lewe is ver meer werd as ‘n band.





