Brekende Nuus
Afrikaans

Vrou se liggaam spoel op strand uit

Die vrou se identiteit is onbekend.

Vrou se ligaam op strand gevind uitgespoel
Photo: IPSS Searh and Rescue

‘n Vrou wat vermoedelik in haar 30’s is, se liggaam is Donderdag 6 Julie 2023 op die Cassurina-strand in Westbrook, KwaZulu-Natal waar dit uitgespoel het, gevind.

IPSS Search and Rescue was op die toneel.

Daar was geen rapportering van ‘n vermiste vrou in die omgewing nie en die persoon is tans ongeïdentifiseer.

Die SAPD was op die toneel besig met ‘n ondersoek.