KWAZULU-NATAL. – ‘n Vrou wat in ‘n taxi van Johannesburg gereis het, het gesterf van blootstelling aan die koue nadat verskeie voertuie van Vrydagaand af in die sneeu vasgekeer was.
Roland Robertson van Midlands EMS sê Howick se bemanning is na die Merrivale-inkopiesentrum ontbied vir ‘n persoon wat ineengesgtort het. Die persoon was regdeur die nag aan die koue onderwerp en het ineengestort toe die taxi vir verversings stop.
“Met aankoms is gevind die individu is in ‘n kritieke toestand van hipotermie, wat dringende mediese sorg benodig.”
Robertson sê die persoon se toestand het onderweg na die hospitaal vinnig versleg en alhoewel volle resussitasie toegepas is, is die persoon met aankoms by die hospitaal dood verklaar.
“Ons doen ‘n beroep op die publiek om nie die gevaar van koue weer te onderskat nie en om te verseker dat hulle te alle tye warm en veilig bly.”
Kate Janse van Rensburg, DA-raadslid van Wyk 6 in Umngeni, het hartseer oor die vrou se afsterwe uitgespreek en Midlands EMS vir hulle hulp bedank: “Absolutely broken for her and her family. Thank you for doing what you could. She was lucky to be in such caring hands. Thank you for your swift response when I called, you were there within minutes.”