LIMPOPO. – ’n Vrou is dood en nog 13 passasiers is beseer nadat ’n minibustaxi Sondagoggend op die N1 naby Lunds buite Polokwane omgeslaan het. Voorlopige inligting dui daarop dat ‘n band van ‘n voertuig moontlik gebars het, waarna die bestuurder beheer verloor het en die Quantum omgeslaan het.
Mashudu Mabata, woordvoerder van die Limpopo-departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid, het die ongeluk omstreeks 11:15 op die suidwaartse baan plaasgevind. Een vroulike passasier is op die toneel dood. Nog ’n vroulike passasier is kritiek beseer, terwyl ses passasiers ernstige beserings en ses ligter beserings opgedoen het. Al die beseerdes is na hospitale vervoer. Die pad was teen ongeveer 13:30 skoongemaak en weer vir verkeer oopgestel.
Die departement het sy medelye aan die oorledene se familie betuig en motoriste bedank vir hul geduld tydens die verkeersvertragings.