WES-KAAP. – ‘n Vrou van die Vrystaat het Woensdagaand by ‘n bekende vakansieplek op Hartenbos in die Mosselbaai-omgewing op ‘n pofadder getrap.
Volgens die plasing op Boland Snake Removals 24/7 and Pest Control op Facebook is die vrou na ‘n hospitaal in Mosselbaai gehaas, maar sy het nie dadelik teengif ontvang nie. Dit is as normaal bestempel, aangesien daar eers gekyk is hoe haar liggaam reageer en hoe die swelling versprei. Die blad sê ook die vrou se behandeling is intussen deur prof. Hardcastle oorgeneem.
“Mense wat tuisgaan by ATKV Hartenbos vir die toutrektoer op Mosselbaai het gisteraand drama gehad toe ‘n vrou van die Vrystaat op n pofadder trap buite by die huisies se braaiplekke. Anonieme OFS dame ons Boland Snake Removals 24/7 and Pest Control se followers hou styf duim vas vir n spoedige herstel en hoop die morfien help vir daai erge pyne.”
Bronne: Boland Snake Removals 24/7 and Pest Control, Drone Fanatics SA