Vrou verdrink toe voertuig in see beland

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ‘n Vrou (32) het vanoggend omstreeks 03:45 in die Gqeberha-hawe in ‘n voertuig in die see verdrink.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg sê dit word as ‘n fratsongeluk beskryf. Na bewering was die vrou by die voertuigterminaal in die hawe aan diens. Sy was glo besig om met ‘n Ford Ranger-bakkie op ‘n skip op te ry, toe die voertuig skielik versnel en in die see in die hawe beland het.

Die vrou kon nie uit die gesinkte voertuig kom nie. Haar liggaam is intussen uitgehaal. Haar naam word weerhou totdat haar naasbestaandes van haar dood in kennis gestel is.

‘n Geregtelike doodsondersoek is deur Humewood-speurders geopen.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief