NOORDWES. – Ayanda Jim (29) is Sondag 26 November vir beweerde meineed deur die Boitekong-polisie in hegtenis geneem. Sy het glo ‘n vals klagte van verkragting aangemeld.
Brig. Sabata Mokgwabone sê die vrou het na bewering haar voormalige kêrel van ‘n verkragting, wat glo die vorige dag gebeur het, beskuldig.
Mokgwabone sê tydens roetine-prosedure soos in elke verkragtingsaak is die klaagster vir mediese ondersoek geneem. Hier het sy glo aan die ondersoekbeampte van GKS erken sy is nie verkrag nie, maar het die saak gemaak om haar voormalige kêrel vir geld af te pers.
‘n Saak van meineed is teen Jim oopgemaak, waarna sy in hegtenis geneem is.
Sy het op 28 November in die hof verskyn en bly in aanhouding totdat die saak weer op 18 Desember voorkom.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





