WES-KAAP. – Vier vroue is Sondagoggend, omstreeks 01:30, in ‘n gastehuis in Dirkie Uysstraat in Franschhoek beroof.
Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits drie onbekende verdagtes het die perseel betree, die slagoffers van hul persoonlike besittings beroof en daarna gevlug.
“Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek en daar is nog geen arrestasies gemaak nie,” sê Twigg.
Enigiemand met relevante inligting word gevra om na vore te kom.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





