Vrouegesondheid: Jou sanitêre produkte kan jou moontlik siek maak

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

Nege verskaffers van sanitêre doekies word deur die nasionale verbruikerskommissie ondersoek, nadat die Universiteit van die Vrystaat kommerwekkende bevindings gemaak het. Die prioriteitsondersoek sluit Kimberly-Clark van SA (Kotex), Procter & Gamble (Always), Anna Organics, The Lion Match Company (Comfitex), Here We Flo (Flo), Johnson & Johnson (Stay Free), Premier Group (Lil-lets), Essity Hygiene and Health AB (Libresse SA) en My Time in.

Genoemde verskaffers se produkte is in die studie van die universiteit getoets. Die studie dui daarop dat sekere sanitêre doekies en broekie-insetsels moontlik hormoonversteurende chemikalieë bevat. Dié stowwe, onder meer parabene, ftalate en bisfenole, word verbind met gesondheidsprobleme soos hormonale ontwrigting, onvrugbaarheid, endometriose en selfs kanker. Miljoene Suid-Afrikaanse vroue en meisies gebruik hierdie produkte elke maand.

Volgens die NVK sal daar nou vasgestel word of die betrokke maatskappye aan die vereistes van die Verbruikersbeskermingswet voldoen. Die wet bepaal dat produkte veilig, van goeie gehalte en geskik vir hul beoogde doel moet wees. Waarnemende kommissaris Hardin Ratshisusu sê die bevindings is ernstig genoeg om ’n prioriteitsondersoek te regverdig. Hy beklemtoon dat die verskaffers die geleentheid sal kry om op die navorsing se bevindings te reageer voordat enige verdere stappe geneem word. Die NVK het verder aangedui dat daar met ander regulerende owerhede en rolspelers saamgewerk sal word. Indien nodig, kan ’n produkherroeping oorweeg word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief