VSA gaan moontlik nog lande se burgers verbied van reis na land

Lees ook :

VSA gaan moontlik nog lande se burgers verbied van reis na land fotokrediet: Canva

VSA. – Donald Trump se administrasie oorweeg om burgers van nog 36 lande, waarvan 25 in Afrika, te verhoed om na die VSA te reis.

Lees ook: Trump verbied inwoners van 12 lande om na VSA te reis

In ‘n interne diplomatieke memorandum wat deur die minister van buitelandse sake, Marco Rubio, geteken is, stel sy departement voor dat burgers van nog 36 lande verbied word van reis na die VSA tensy stappe geneem word om hulle veiligheidsmaatreëls te verbeter. Volgens die memorandum sal die lande 60 dae hê om aan die VSA se veiligheids- en identiteitsverifikasiestandaarde te voldoen, of burgers sal verbied word om na die VSA te reis.

Die lande wat deur ‘n verbod in die gesig gestaar word, sluit in: Angola, Benin, Burkina Faso, Kameroen, die Ivoorkus, Republiek die Kongo, Djiboeti, Egipte, Ethiopië, Gabon, Gambië, Ghana, Liberië, Malawi, Mauritanië, Niger, Nigerië, Senegal, Suid-Soedan, Soedan, Sirië, Tanzanië, Uganda, Zambië, Zimbabwe, Bhoetan, Kambodja, Kirgistan, Tonga, Tuvalu, Vanuatu, Antigua en Barbados, Kaap Verde, Dominica, Saint Kitts en Nevis, Saint Lucia, São Tomé en Principe.

Bronne: AllAfrica, Daily Mail, The Times of India

Lees ook: Trump verbied inwoners van 12 lande om na VSA te reis

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief