Vuurwapennakoming-inspeksie gaan voort ná afwys van dringende hofaansoek

Lees ook :

Foto: Calvin Mojalefa Mandlakapheli Mathibeli - Facebook

KWAZULU-NATAL. – Die Durban-hooggeregshof het ‘n dringende aansoek van Calvin Mathibeli van die hand gewys, waarmee hy probeer het om die polisie te keer om vandag (Donderdag) ’n vuurwapennakoming-inspeksie by sy veilgiheidsmaatskappy in Durban-Noord uit te voer.

Lt.kol. Vincent Mukhathi, polisiewoordvoerder, sê die hof het bevind dat die aansoek nie dringend was nie en dit met koste van die hand gewys, wat beteken Mathibeli moet ook die polisie se regskoste betaal. Die vuurwapennakomings-inspeksie, wat deel vorm van Operasie Buyisa, sal soos beplan vandag voortgaan by Calvin and Family Security Services. Die polisie het Mathibeli reeds op 11 Maart in kennis gestel van die voorgenome inspeksie.

Operasie Buyisa is ’n landwye inisiatief wat daarop gemik is om onwettige vuurwapens uit omgang te verwyder en toe te sien dat veiligheidsmaatskappye en vuurwapenhandelaars aan die wet voldoen. As deel van pogings om vuurwapenverwante misdaad hok te slaan, voer die polisie gereeld nakomingsinspeksies regoor die land uit. Dit sluit in die opsporing van en beslaglegging op onwettige vuurwapens, asook om seker te maak dat maatskappye en individue hul vuurwapens binne die raamwerk van die wet besit en gebruik.

Volgens ‘n verklaring deur Mathibeli op sosiale media is die aangeleentheid tussen hom en die polisie reeds vir die afgelope sewe jaar aan die gang. Lees ook meer hier: Polisie oorweeg regstappe teen sakeman oor aantygings van o.a. ‘n moordopdrag

Screenshot

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief