Vyf op aanklagte van ontvoering en moord in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – Peace Maifala (34), Phinius Baloyi (20), Emmanuel Malatji (20), Frans Mohale (40), en Phesole Mohale (37) het Maandag op aanklagte wat uit die dood van Lesego Klaas Makaku (26) voortspruit, in die Brits-landdroshof voorkom.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê na bewering is Makaku op Oujaar deur die beskuldigdes van diefstal van ‘n selfoon beskuldig. Hy is uit ‘n kroeg na ‘n dam in die Sekwakwa-plakkerskamp gedwing. Sy ma het hom op Nuwejaar as vermis aangemeld nadat hy nie teruggekeer het na sy huis toe nie.

‘n Ooggetuie wat glo die Oujaar-insident gadegeslaan het, het die polisie na een van die verdagtes se huise in die Sekwakwa-plakkerskamp geneem. By die Sangiro-plakkerskamp is die polisie deur die verdagte na die liggaam van die oorledene gelei.

Die verdagtes is op 2 en 3 Januarie by hulle huise gearresteer, waarna die saak vir formele borgaansoek tot 13 Januarie uitgestel is.

Die verdagtes bly in aanhouding.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief