Vyf selfgemaakte vuurwapens gekonfiskeer

Lees ook :

Foto: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Die Mandeni-polisie het Vrydag op vyf selfgemaakte vuurwapens op die plaas Bekamafa beslag gelê. Vier verdagtes is in hegtenis geneem.

Kapt. Alex Thomson sê die kliëntedienssentrum het inligting van ‘n plaaswerker ontvang en vinnig daarop reageer. Die inligting was oor vier verdagtes, insluitend ‘n 16-jarige, wat glo selfgemaakte vuurwapens wat met lewendige ammunisie gelaai was, in hulle besit het.

Thomson sê ondervraging van die verdagtes het die polisie na ‘n plek gelei waar die selfgemaakte vuurwapens glo vervaardig word. Hier is die vyfde vuurwapen gekonfiskeer.

Die verdagtes word van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie aangekla en sal binnekort in die Nyoni-landdroshof verskyn.

Genl.maj. Anthony Gopaul, die polisiedistrikskommissaris, het die lede vir die suksesvolle inhegtignemings geprys.

“Hierdie vuurwapens kon in onwettige misdade in ons distrik gebruik gewees het. Ons sal voortgaan om meedoënloos te wees in ons pogings om onwettige vuurwapens terug te kry en te verseker dat alle stappe gedoen word om dit uit ons gemeenskappe te verwyder voordat dit gebruik kan word om ernstige misdade te pleeg.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief