Brekende Nuus
Afrikaans

Vyf vroue oor in Op my Eish!

Chaunte voel dit is onregverdig dat Janae nie vir Brendan van haar planne vertel om te emigreer nie.

Vyf vroue bly agter in die negende epsiode. Foto: kykNET
Vyf vroue bly agter in die negende epsiode. Foto: kykNET

In gisteraand se negende episode van Op my eish! is die vroue tot vyf uitgedun. Brendan Peyper verklap hy het vir drie van die meisies gevoelens ontwikkel.

Drie van die vroue leer hoe om met vleis te werk. Peyer is daar om hulle touwys te maak. Dit is hier waar hy hoor dat die vroue vir Sonel, wat reeds huis toe is, blameer vir kwaadstokery onder die res.

Brendan en Christine spandeer alleentyd. Hy vertel sy voel vir hom soos ’n wingwoman. Haar reaksie is neutraal toe hy noem sy is die volgende een wat haar tasse moet pak.

Volgens haar sal Janae of Rachelle die beste by hom pas. Brendan beaam dat hy en Rachelle dieselfde toekomsvisie deel.

Chaunte voel dit is onregverdig dat Janae nie vir Brendan van haar planne vertel om te emigreer nie. Selfs toe Brendan en Janae later gesels, verklap sy niks oor haar planne nie.

Kykers kan uitsien na episode tien waarin die vroue met ’n spa-dag bederf gaan word.

Bronne: kykNET, Terloops