Waarskuwing oor drank nadat man sterf

Lees ook :

Foto: Alderman JP Smith

WES-KAAP. – ‘n Swemmer wat vermoedelik onder die invloed van alkohol was, het Woensdag ten spyte van waarskuwings van rotse af geduik, waarna hy gesterf het.

Alderman JP Smith sê ‘n lewensredder het glo die oorledene gewaarsku om nie van die rotse in ‘n vlak area in te duik nie. Die man het egter geduik en het nie weer bo die water verskyn nie. Lewensredders het ondersoek ingestel en die man uit die water gehaal. KPR-toepassing was onsuksesvol en die man het gesterf.

“In hierdie geval, alkohol en water, moenie meng nie!”

Smith waarsku daar word van langafstand CCTV-kameras en hommeltuie gebruik gemaak om oortreders te identifiseer. Hy sê voorts beamptes ken alle truuks om alkohol op die strande te bring. Drank sal gekonfiskeer word en oortreders beboet word.

Foto: Alderman JP Smith

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief