Weldoener red twee kinders uit see

Lees ook :

Foto: NSRI

KWAZULU-NATAL. – ‘n Weldoener het Sondag omstreeks 11:45 twee kinders by Casuarinastrand, La Mercy, aan die Noordkus gered.

Die NSRI in Ballito het ‘n oproep van ‘n ooggetuie ontvang oor twee kinders wat in die moeilikheid in die see was.

Die Ballito-span is van ‘n roetine-oefening ontbied en is met ‘n jetski met ‘n reddingswemmer en ‘n reddingstuig na die toneel. Hulle het ‘n groot groep mense teëgekom wat vertel het ‘n man het reeds beide die kinders suksesvol gered en hulle aan hulle oppasser oorhandig.

Die kinders het geen beserings opgedoen nie.

Die vinnige reaksie van die onbekende weldoener word deur die NSRI geprys.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief