MOSAMBIEK. – Twee kampwerkers is in Chapungu-Kambako Safaris se luukse- Niassa-wildreservaat in die noorde van Mosambiek, wat deur ‘n Suid-Afrikaanse onderneming besit word, onthoof. Die kamp is ook besteel en aan die brand gesteek.
Twee aanvalle is onderskeidelik op 19 en 29 April, eers in die Kambako-kamp en toe in die Mariri-kamp, uitgevoer. Volgens aimnews.org., ‘n Mosambiekse nuusagentskap, is Isis vir die aanvalle verantwoordelik. Tydens die eerste aanval is vier werkers ook gevange geneem en ‘n losprys van ongeveer R860 000 vir hulle loslating geëis. Nadat die lospryseis misluk het, is die hoofkamp aan die brand gesteek.
Inligting van die tweede aanval is nie beskikbaar nie.
Volgens Jumbo Moore, die direkteur en professionele jagter van Kambako Safaris, is die kamp toegerus vir die jagseisoen wat op 1 Mei oopgemaak het. Die kamp is gestroop en wat nie gesteel is nie, is verbrand.
Bronne: Chapungu-Kambako Safaris, DSC Foundation, AIM, safariclub.org en Caxton
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com





