Wetsontwerp voorgestel vir sanksies teen SA’ners in Oekraïne-oorlog – VSA

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

VSA. – Die Amerikaanse Verteenwoordigershuis het ‘n nuwe wetsontwerp ingedien wat sanksies magtig teen diegene wat Afrikane bedrieglik werf om vir Rusland in die oorlog teen die Oekraïne te veg. Duduzile Zuma-Sambudla, dogter van voormalige president, Jacob Zuma, is spesifiek as ‘n teiken genoem.

Die wetsontwerp, getiteld “The Countering Russia’s Forced Recruitment and Kidnapping in Africa Act,” is op 7 Mei 2026 deur kongreslid Joe Wilson, in vennootskap met kongreslid Jonathan Jackson, in die Huis van Verteenwoordigers ingedien. Dit is ontwerp om mense te straf wat by die bedrieglike werwing van Afrikane vir die konflik in Oekraïne betrokke is. Die wetsontwerp noem dat Zuma-Sambudla in verskeie regsgedinge aangekla word, onder meer omdat sy glo 17 Suid-Afrikaners en twee Botswaners na Rusland gelok het onder die voorwendsel dat hulle óf as lyfwagte vir haar pa se politieke party opgelei sou word, óf dat hulle ‘n persoonlike ontwikkelingskursus sou bywoon. Wanneer hulle in Rusland aankom, word hul klere en paspoorte na bewering verbrand en hul fone weggeneem. Zuma-Sambudla het haar sitplek in die Parlement, waar sy die uMkhonto weSizwe (MK)-party verteenwoordig het, verloor nadat die skandaal aan die lig gekom het. Haar suster, Nkosazana Bonganini Zuma-Mncube, hett ‘n kriminele klag teen haar ingedien.

Zuma-Sambudla staan reeds tereg vir beweerde aanhitsing in verband met die dodelike onluste van 2021 en kan nou moontlik ook aanklagte van menshandel en oortreding van die Wet op Buitelandse Militêre Bystand in die gesig staar. Pres. Cyril Ramaphosa het sy Russiese eweknie, Wladimir Poetin, versoek om die terugkeer van die Suid-Afrikaanse mans te bewerkstellig.

Bronne: Congress.gov (amptelike VSA-wetgewing): H.R.8718, Daily Investor, Al Jazeera, Crisis Group

Lees die voorgestelde wetsontwerp hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief