Lees ook: Selfoondata verbind verdagtes in Senzo Meyiwa-saak met mekaar
WhatsApp het ’n nuwe funksie om jou boodskappe te organiseer, aangekondig.
’n Filtreer-funksie sal jou toelaat om boodskappe tussen All, Unread en Groups te filtreer. Die funksie sal oor die volgende paar weke op die app beskikbaar wees. Jy sal ook ’n groep of kontak as Favourite kan merk.
WhatsApp toets ook ’n nuwe funksie wat dit vinniger sal maak om te sien of jou kontak aanlyn was. Jy sal met ‘n nuwe tab kan sien wie onlangs aanlyn wys.
WhatsApp gaan ook in sekere lande toegang tot die Meta AI-geselsbot kry. Die nuwe opdatering wat die woorde Online en Typing hoofletters gemaak het, gaan verwyder word.
Bronne: Express, The Financial Express, The Times of India
Lees ook: Selfoondata verbind verdagtes in Senzo Meyiwa-saak met mekaar