Willem Botha neem afskeid van geliefde perd

Lees ook :

Willem Botha neem afskeid van geliefde perd. Foto's: Willem Botha Facebook

Die sanger en fotograaf Willem Botha moes onlangs sy perd, Cyclips, finaal groet. Hy het hom gekry toe die perd vier jaar oud was, en hyself maar 14. Cyclips het ’n allemintige 27 jaar oud geword.

Willem het die volgende huldeblyk op sy Facebook-blad geplaas:

“Ek het Cyclips gekry toe hy net 4 jaar oud was. Ek was 14. Ek onthou nog hoe my ouers gesê het dat hulle nie eintlik die geld het om hom te kan koop nie. Maar hulle het hom maandeliks afbetaal. Wat ‘n geskenk!

Van dag 1 wat hy op die plaas aangekom het, het hy my soveel vreugde verskaf. Ons het saam geleer en gegroei en hy’t my die grootste pryse in die Arabierskoue laat wen. Hy is die rede dat ek erekleure in sport ontvang het. Hy’t my die beste ruiter gemaak wat ek kon wees. Maar meeste van als hy het gemaak dat ek elke oomblik van die sport kon geniet.

Ek weet dis dalk vreemd, net ‘n dier, ‘n perd, maar vir my was hy alles. Vandag is my hart stukkend. Leeg. En op gehuil. Dis ‘n moeilike een. 27 jaar is ‘n ongelooflike ouderdom vir ‘n perd maar die selfsugtige ek wou hê hy moes langer bly.

Ek gaan dit mis om op die plaas te kom. Af te ry stalle toe en te weet dat maak nie saak waar Cyclips is nie. Hy sal aangehardloop kom as hy my sien.

Flippet, jy was vir my ‘n mooi dier. Rus sag my Cyclips. Liewe Jesus is lucky om jou te hê.”

Foto: Facebook
Foto: Facebook

Bron: Willem Botha Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief