Zuma mag teen dissiplinêre skorsing appèlleer

Lees ook :

Fotokrediet: Op lêer

Oudpresident Jacob Zuma is deur die ANC se dissiplinêre komitee skuldig bevind aan oortreding van die party se grondwet en uit sy geledere geskors.

Zuma se dissiplinêre verhoor het op 23 Julie plaasgevind en die skuldigbevinding is op 28 Julie bekend gemaak. Die oudpresident mag binne 21 dae appèl teen die skuldigbevinding en skorsing aanteken.

Volgens die dissiplinêre verhoor se bevindinge het Zuma die integriteit van die ANC skade aangedoen deur teenstrydig met die ANC die leier van die MK-party te wees en diens vir die party, veral tydens die verkiesing, te verrig.

Die MK-party het sy skok uitgespreek, aangesien hulle van die bevindinge in die media gelees het.

Lees beide die ANC en MK-partye se volledige verklarings hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief