11 mense in KZN-storms dood sedert Desember 2024

Lees ook :

11 mense dood in KZN-storms sedert Desember 2024 fotokrediet: Canva

Lees ook: Vyf mense dood na erge reën in Limpopo

KZN. – Altesaam 11 mense is sedert die begin van Desember 2024 in KwaZulu-Natal weens erge storms dood. Skade van tot R411 m. is aan infrastrukture aangerig.

Volgens die KZN Cogta LUR is ’n seun (6) Sondag dood na hy in die KwaMpofu-gebied deur weerlig getref is. Twee persone van KwaDukhuza en Mandeni het Saterdag verdrink. Dit volg na vyf persone om Nuwejaar in Limpopo verdrink het.

Verskeie weerwaarskuwings oor oorstromings is die afgelope week vir KZN uitgereik.

Mense word herinner om die weer in hulle omgewing dop te hou en van lopende water weg te bly wanneer dit reën.

Bronne: IOL, Earthnews365, Witness

Lees ook: Vyf mense dood na erge reën in Limpopo

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief