LIMPOPO. – ’n 18-jarige man wat daarvan verdink word dat hy Dinsdag sy vyf maande oue babaseun in Jimmy James-dorp vermoor het, is dieselfde dag omstreeks 22:00 in hegtenis geneem.
Kol. Malesela Ledwaba sê die babaseun se ma het ‘n saak gaan aanmeld, waarna die polisie die baba dood op die grond in die huis aangetref het. Die baba het sigbare kop- en gesigsbeserings gehad en is vermoedelik aangerand.





