INTERNASIONAAL. – Altesaam 2.6 miljoen Stanley Switchback en -Trigger Action-reisbekers van vlekvrye staal is Donderdag herroep.
Die VSA-verbruikersprodukveiligheidskommissie sê die deksels kan afkom wanneer dit gebruik word, as gevolg van draadjies wat krimp wanneer dit aan hitte en wringkrag blootgestel word. Dit kan tot gevolg hê dat verbruikers met warm vloeistowwe brand. Stanley het 91 klagtes wêreldwyd van verbruikers ontvang, van wie 38 brandwonde opgedoen en 11 mediese behandeling vereis het.
Die deksels sal deur Stanley vervang word.






